NASA ruimtevaarders land foutloos

Die twee ruimtevaarders, Bob Behnken en Doug Hurley, se landing is deur Nasa beskryf as ’n foutlose landing in die Golf van Meksiko.

Kommer het bestaan oor die twee ruimtevaarders se landing voor die aankoms van die stormweer wat aan die oplaai was na die landings gebied, maar die beheermaatreëls van SpaceX was deeglik bewus van die weersomstandighede en die landing wat Sondag plaasgevind het.

Die SpaceX se Dragon kapsule waarin die twee ruimtevaarders was, is deur die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, miljardêr en tegnoloog teruggebring na Moeder Aarde nadat die twee vir 8 weke by die Internasionale Ruimte Stasie vertoef het om belangrike waarnemings vir Nasa en die Elon Musk agentskap te doen met die oog op uiteindelike plasing van mense op ’n ander planeet.

Die beheertoring het tydens die landing ’n welkomswoord tot die twee gerig en gesê die sukses is te danke aan SpaceX se deeglike werk.

Later het die ruimtevaarders gesê die landing was uitstekend hanteer en dit word as ’n historiese gebeurtenis beskou in die geskiedenis van ruimtevaart.

Die kapsule waarin die twee mans teruggekeer het na die aarde, is deur Musk se Space X ontwerp en word beskou as die mees moderne kapsule wat tot nou toe gebruik is.