Nahawu kry pak in arbeidshof

Minister Mkhize

Die vakbond Nahawu het in die arbeidshof die onderspit gedelf oor hulle eise dat gesondheidswerkers nie voldoende behandeling ontvang nie.

Die vakbond het egter aangedui dat hy sal voortgaan om te stry vir die regte van sy lede in die gesondheidsdiens en nie sal rus voor daar gehoor gegee word aan sy eise nie.

Die belangrikste eis is dat die werkers in die bepaalde sektor nie voldoende vergoed word vir hulle werk nie, en daarom sal protes voortduur tot aandag gegee is aan die onregverdige saak.

Die vakbond leiers sê die werkers kry onvoldoende beskermings toerusting wat hulle in n hoë risiko plaas om die korona virus infeksie op te doen.

Die Arbeidshof het Nehawu onlangs verbied om sy voorgenome staking uit te roep aangesien gesondheidswerkers n noodsaaklike diens verrig, veral in die tyd van die pandemie.

Die vermoede bestaan dat Nehawu se geskil met Minister Mkhize in September op die spits gedryf gaan word nadat die vakbond gewaarsku het dat van die moontlikheid dat n nasionale staking en verskeie protes optogte gehou gaan word as daar nie aandag gegee word aan die vereistes wat gestel is nie.