Melanie Trump lewer uitstekende toespraak

Die Eerste Dame van Amerika, Melanie Trump, het ʼn skitterende toespraak gelewer wat deur kenners beskou word as die korrekte woorde om tot diegene gerig te word wat tot hede nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie.

Melanie het gesê dit is tyd dat rasse mekaar sal verstaan en respekteer, en die mense moet weet hulle is nie alleen nie, die Amerikaners moet mekaar vind gedurende die krisis tyd.

Sy het verwys na die trauma wat afspeel weens die gevolge van die pandemie, en Amerika verseker dat die krisis oorkom kan word deur gesamentlike optrede.

Sy het haar toespraak gelewer tydens die Republikeinse Konvensie se tweede dag, en het dit aangebied in die Wit Huis se Roostuin.

President Trump het aansienlike steun onder Amerikaanse vroue kiesers verloor, en Melanie is waarskynlik ingespan om die beeld te verander wat tans onder die vroulike kiesers mag bestaan.