Kritiek laat president reageer

Die hewige kritiek wat losgebars het teen die ANC president se “niksseggende ope brief” het veroorsaak dat Ramaphosa gister ʼn skerper uitspraak gemaak het teen korrupsie.

Die president het verwys na die korrupsie wat heers met die aanwending van die Noodfonds om individuele mense te bevoordeel op n onwettige wyse.

Die ANC lede wat betrokke is by korrupsie, sal glo uit die party geskors word, en staar ook swaar strawwe in die gesig wat deur howe opgele sal word.

Talle lede van die party word tans ondersoek weens korrupsie, waarvan n hele aantal mense uit die hoër kringe van die party is.

Die mense wag nou om te sien hoe die regering sy korrupte ondersteuners gaan hanteer en of hulle soos in die verlede skotvry daarvan gaan afkom.

Miljarde Rand is betrokke by verskeie korrupsie gevalle, en baie daarvan word verbind aan die beskerming klerasie en toerusting waarvoor tenders toegestaan is soos een bakkery, en selfs n motor wassery het n kontrak gekry om aan die staatsdepartemente van die goedere te lewer,