Kospryse daal nie regtig

Die prys van voedsel het nie werklik verminder nie, en bewerings dat pryse aansienlik gedaal het sedert die pandemie ingetree het, vertel nie die volle verhaal nie.

Volgens die jongste opname van die Huishouding Bekostigbare Indeks van Julie vanjaar, het die gemiddelde pryse van voedsel met soveel as 8% verminder.

Dit klink goed, maar dit verteenwoordig ’n te klein deel van die reeks produkte wat in die supermark aangebied word.

Daarbenewens is dit ook nie ’n vergelykende syfer met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar nie, en as dit daarmee vergelyk word, gaan die huisvrou skielik besef sy word gekul.

Ekonome wys daarop dat die pryse van voedsel met minstens 12% gestyg het teenoor wat dit verlede jaar was, en die huidige 8% daling word slegs aan ’n klein persentasie van die supermark se produkte van toepassing.

Vars produkte soos die onderstaande tabel aandui, se pryse het verminder en is in sommige gevalle selfs goedkoper s verlede jaar ooreenstemmende tyd.

Wortels en uie daal met 30%

Piesangs en spinasie met 22%

Word met 11% en appels met 8%.

Huisvroue sê dit is maar ’n baie klein persentasie van wat sy alles elke maand moet koop om die gesin te voed.