Korrupsie gaan nie verdwyn

Suid-Afrika gaan gebuk oor die ernstigste finansiële krisis van die afgelope meer as 50 jaar, en met die uitbreek van die pandemie, word die krisis bykans onberekenbaar groot.

Na verwagting gaan die koronavirus pandemie die land vir minstens twee jaar dwing om in die “nuwe leefstyl” voort te gaan as daar nie ’n reuse veldtog van immunisering van die sowat 60 miljoen inwoners gaan plaasvind nie.

Die ekonomiese impak daarvan het geen verdere verduideliking nodig nie, en werkers, sakelui en nyweraars gaan almal die negatiewe daarvan aanvoel.

Benewens die pandemie is daar die enorme skuldlas wat nou nog groter gemaak is met die sogenaamde Noodfonds teen Covid-19 slagoffers, wat miljarde Rand beloop.

Tesame hiermee is Suid-Afrika gewikkel in ’n ekonomiese resessie wat waarskynlik drie jaar van finansiële droogte kan lei, en dit te midde van die rommelstatus waarin die land verkeer.

Asof dit nie genoeg is om enige helder denkende landsburger slapelose nagte besorg nie, word die land en sy belastingbetalers nog geteister met die een korrupsie voorval na die ander, en word dit op so ’n skaal gedoen dat miljoene se diefstal nie genoeg is nie, en word miljarde Rand reeds ondersoek weens beweerde korrupsie.

Dit hierdie soort van regeer en die gepaardgaande beleidstandpunte van die regering om blankes uit die verantwoordelike poste in staatsdepartement te hou, wat nou die wrange vrugte lewer wat selfs die getrouste regerings ondersteuner swaar laat sluk aan wat gaande is.

Dit is egter nie net die Noodfonds wat mense finansieel moet help, wat besteel word nie, maar dit wil lyk of selfs die Nasionale Lotery ook ’n slagoffer is van mense wat hulle self bevoordeel.

Ons hoop die ondersoeke bring nuwe lig na vore, want sulke bewerings oor korrupsie is waarskynlik meer nadelig as die gevaar van die nuwe koronavirus pandemie.