Kapitaal vlug?

Vind daar tans ‘n groot kapitaal vlug plaas uit die land?  Te midde van ‘n ineengestorte ekonomie vind daar klaarblyklik ‘n al hoe groter kapitaal vlug plaas.  Persone wat oor aansienlike bates beskik is bekommerd dat die ekonomie jare gaan neem om te herstel , indien dit ooit gaan gebeur. Ingelegde bronne meld dat hoe profiel persone in die finansiële wêreld hul geld oorsee belê ten spyte van die swak wisselkoers.

Dawie Roodt het seker twee jaar gelede beleggers aanbeveel om hul geld oorsee te belê en het hewig kritiek in die proses op die hals gehaal. So ‘n week gelede het een van die groot finansiële instellings in die land se HUB al sy persoonlike fondse geskuif na oorsese banke. Op ‘n vraag hoekom dit gedoen is was die antwoord dat die ekonomie geen kans het om te herstel onder die huidige regering nie.

Magnus Heystek deel Roodt se siening in die sin dat korrupsie en onbevoegdheid van amptenare in die regering die land op sy knie het. Selfs die befaamde Theuns Eloff gee Ramaphosa ‘n laer gradering as wat hy aan Zuma gegee het.

Al hierdie faktore asook die ongebreidelde geweld in die land toon dat Suid Afrika ‘n land is wat gefaal het en dat nie die ANC, nie Ramaphosa en nog minder die Zuma bende die land kan red nie. Waar laat dit Jan Burger in hierdie situasie? Wat gemaak met jou hard verdiende spaargeld? Ons is oppad na ‘n tweede Zimbabwe waar jy ‘n kruiwa gaan nodig he om geld te neem om ‘n brood te koop.

Sinies? Pessimisties?  Hierdie dinge is uiteraard deel van die Afrika pandemie van steel en verwoes en die inherente onvermoë van mense wat  leef in die verlede (voorvader aanbidding) en geen visie het vir die toekoms.

Koos Desimaal