Hof beslis ten gunste van skaap uitvoerders

Die Hooggeregshof in Grahamstad het beslis dat die massa uitvoer van skape na die Midde-Ooste mag voortgaan te midde van die geweldige hitte wat tans daar heers/

Verskeie instansies het beswaar gemaak teen die uitvoer van skape wat met ʼn groot vragskip vervoer word, en waarvan talle diere weens die moeilike omstandighede en soms n gebrek aan kos en water, dood is by aankoms in die Ooste.

Verskeie instansies, waaronder die Moslem gemeenskap en die vereniging wat gekant is teen die wrede behandeling van diere, het gepoog om die uitvoer van honderde skape te voorkom.

Die hof het ten gunste van die internasionale vleis produsente en handel maatskappy beslis dat die vee met die Al Mawashi vragskip vervoer mag word.

Die vragskip wat nou reeds maande voor anker lê in die hawe van Oos-Londen, sal na verwagting sowat 56,000 skape na die Midde-Ooste neem, en sal waarskynlik in Koeweit afgelaai word.