Hier kom nog ʼn Covid korrupsie skandaal

Die Portefeulje Komitee oor Opvoeding, Wetenskap en Tegnologie het sy kommer uitgespreek oor die vertragings om skuldiges te vervolg en straf op te lê.

Die komitee het verwys na die skootrekenaars wat bedoel is vir die “Nasionale Studente Finansiële Hulp Skema” vir kwalifiserende studente.

Die Komitee voorsitter, Philly Mapulane, het gewys op dat feit dat dit al vier maande is sedert die Hoër Onderwys se Minister, Blade Nzimande, aangekondig het dat studente wat kwalifiseer, met rekenaars voorsien sal word vir hulle universiteit opleiding.

Die regering het met die projek probeer om studente deur die studies te kry van 2020 wat belemmer word weens die pandemie, omdat klasse nie bygewoon word nie, en studente aangewys is op internet studie en klas aanbiedings.

Studente wag nog steeds dat die rekenaars aan hulle voorsien word aangesien niemand nog n rekenaar in ontvangs geneem het nie.

Mapulane beweer dat beskuldigings gemaak word wat onder die komitee se aandag gebring is dat daar n onaanvaarbare “oponthoud” is vir die lewering van die rekenaars, terwyl die studiejaar besig is om na sy einde te haas.