Gordhan mik ook na Bitcoin

Die president, Cyril Ramaphosa en minister Pravin Gordhan is nou ʼn gesamentlike span wat klaarblyklik besluit het om hulle geld op Bitcoin te waag.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die twee kabinetslede n virtuele geldstelsel, by name Bitcoin, wil inspan om ʼn gesondheid stelsel vir Suid-Afrika te vestig.

Gerugte doen die rondte dat Gordhan die president oorreed het tot so n stap, en na wat verneem word is sowat R2.6 miljard se Bitcoin aangekoop met die hoop om n bevredigende groei te verseker.

Die Vryburger kon nie daarin slaag om bevestiging te kry vir die inligting nie, maar dit wil lyk of die twee kabinetslede nie geld uit die staatskas kon kry nie, en dit uit ander bronne bekom is.

Ekonome sê die inligting kan fop nuus wees om mense aan te spoor tot die aankoop van Bitcoin, aangesien die bedrag waarna verwys word, nie maklik van elders bekom sal kan word nie.