Eskom pas krag vermindering toe

Talle gebiede in veral Natal, Verre Noord-Transvaal (Limpopo) en Oos-Transvaal asook in Sentraal Transvaal (Gauteng) word hierdie week swaar getref met aanhoudende krag vermindering.

Mense in die gebiede word gewaarsku om nie onverskillig te wees nie en moet selfs in die tyd van krag vermindering alle elektriese kragpunte as lewendig beskou.

Die kragvoorsiener het aangekondig dat die krag vermindering wat sedert Maandag ingestel is, noodsaaklik is om oorbelading te voorkom in die hoë digtheid woongebiede waar krag onwettig van hoof kraglyne getap word.

Eskom sê honderde krag verbruikers het die bestaande meters uitgesny uit onwettige koppelings te maak wat geen kragverbruik registreer op die meters nie, terwyl ander direk van die Eskom kragdrade hulle krag aftap wat dikwels lei tot gevaarlike aansluitings.

Die krag verminderings vind plaas van 5.nm en kan duur tot 10 uur saams.