Entstof: Kenner waarsku teen oorhaastigheid

Die mees bekende en ervare deskundige van Amerika oor entstof en die gebruike daarvan, het n ernstige waarskuwing gerig om te waak teen oorhaastige vrystelling van Covid-19 entstof.

Dr Anthony Fauci is n deskundige op die gebied, en sê dit is vir elke vervaardiger van lewensbelang om nie entstof vry te stel vir gebruik as daar nie sekerheid is van die doeltreffendheid en die veiligheid van die entstof nie.

Hy het daarop gewys dat te vinnige vrystelling van entstof wat nie deeglik getoets is nie, kan ook die gebruik van ander entstowwe benadeel en kan mense se lewens in gevaar stel.

Die waarskuwing volg op die aankondiging van president Trump wat gesê het die een entstof wat met teenliggaampies werk en die menslike immuun stelsel verbeter, mag nou gebruik word in gevalle waar mense in nood verkeer weens die korona virus infeksie.