Eerste sprong uit sonkrag vliegtuig

ʼn Bedrewe valskerm springer het die eerste persoon geword om uit n sonkrag aangedrewe vliegtuig sy sprong gemaak en terug gesweef na Moeder Aarde.

Die eerste sprong is in Switserland gedoen uit ʼn vliegtuig wat met sonkrag aangedryf word, en die valskerm springer het dit op ʼn hoogte van nagenoeg 1,530 meter gedoen.

Die twee sitplek prototipe vliegtuig het die toetse waaraan dit onderwerp is in goeie weersomstandighede geslaag en is as ʼn promosie vir hernubare energie gedoen ten aanskoue van baie mense.

Raphael Domjan, die valskerm springer, het later gese die dag het verskeie eerstes opgelewer, maar dat dit die eerste valskerm sprong uit ʼn elektriese vliegtuig is, word as merkwaardig en geskiedkundig beskou.

Die span wat aan die projek werk wil in 2022 weer ʼn soortgelyke vlug onderneem met die verskil dat die valskerm sprong op ʼn hoogte van 20,000 meter uitgevoer gaan word.