Duisende skole met put-toilette

Gedurende 2018 het die ANC se president, Cyril Ramaphosa, ’n sogenaamde sanitasie veldtog van stapel gestuur en bekend gemaak dat skole met die ou put toilet stelsel onverwyld aandag gaan kry.

Dit is egter nou bykans drie jaar later, en Suid-Afrika sien weinig daarvan, want bykans 4,000 skole beskik nog net oor ’n put stelsel, en sommiges het selfs geen stelsel nie.

Die skole wat steeds met put stelsels toegerus is, kan ook nie oornag met spoel toilette toegerus word nie want honderde skole het geen permanente water toevoer nie.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die gegewens vrygestel in antwoord op ’n parlementêre navraag wat gerig is, en waarin sy gesê het dat sowat 1,000 skole se behoeftes is “aangespreek” maar bly in gebreke om besonderhede te gee oor wat by die skole gedoen is.