Dronk bestuur kos SA miljarde Rand

Navorsing wat in die afgelope maand gedoen is toon dat die SA ekonomie hard geslaan word weens die kostes wat veroorsaak word met ongeluke weens dronk bestuur van voertuie.

Die navorsing wys ook dat voetgangers oor ʼn drie keer groter kans staan om gedood te word waar die ongeluk deur n dronk bestuurder veroorsaak is.

Bestuurders wat onder die invloed van alkoholiese drank is, is verantwoordelik vir meer as 27% van  ongelukke waarin mense omgekom het, en die koste daaraan verbonde beloop meer as R18 miljard per jaar.

Die SA Padverkeer Bestuur Korporasie het die navorsing in samewerking met die SA Mediese Navorsingsraad van Unisa gedoen, wat klaarblyklik die regering beweeg het om ʼn 0% alkohol toe te laat as enigste maatstaf vir bestuurders van voertuie.

Die navorsing toon egter dat 5.5% van padongelukke veroorsaak is wat alkohol verwant is, terwyl hoë spoed verantwoordelik is vir meer as 50% van die ongeluk