Die misdaad paradys floreer in SA

Suid-Afrika se jongste gegewens oor misdaad in die land toon hoe florerend die bedryf is en hoe onveiliger dit vir inwoners van die land word.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het die naweek die staat se statistiek bekend gemaak, alhoewel dit verskil met sekere instansies wat noukeurig rekord hou van sekere misdrywe.

Die minister sê 58 moorde word elke dag gepleeg in die land, wat vir wetsgehoorsame burgers ’n skrikwekkende situasie is en vrees wek by mense om hulle te waag buite die woonplek se mure.

Die verslag wat deur die SA Polisie Diens vrygestel is die afgelope Vrydag, toon dat moorde in die land elke jaar aan die toeneem is.

In 2010 was die jaar se moorde op 15,893 gestel, en nou kondig die minister aan dat 21,325 moorde hierdie jaar gepleeg is wat gemiddeld meer as 58 gevalle per dag is.

Misdaad ontleders sê dit maak van Suid-Afrika ’n misdaad paradys, en die regering staan klaarblyklik besluiteloos oor hoe om die probleem op te los.