Die Alkohol plan gaan misluk

Die ANC se Minister van Vervoer om die alkohol na 0% te bring om drink en bestuur te stop, gaan nie werklik help om die sterftes en padongelukke op Suid-Afrikaanse paaie te stop nie.

Die AA sê hy wil die 0% alkohol gedagte steun om seker te maak dat geen drank ingeneem word deur mense wat ʼn voertuig gaan bestuur nie.

Die AA reken egter die plan kan net slaag as ʼn paar basiese beginsels in die projek reggestel word.

Die verkeerswette moet toegepas word deur die owerheid, bloed monsters moet veel vinniger geprosesseer word, en baie meer opleiding van padveiligheid is noodsaaklik om die nuwe maatreël te maak werk.

Deskundiges wys daarop dat sonder die nodige opvoedkundige projekte sal die 0% alkohol maatreël vir voertuig bestuurders, nie die probleem oplos nie. Die mening is ook dat die owerheid se wetstoepassers nougeset hulle taak moet uitvoer, anders sal die wette nutteloos bly.