Covid Virus Fonds onder verdenking

Die Noodfonds wat in die lewe geroep is om finansiële steun aan sukkelende mense en instansies moet verleen, is weer in gedrang en verg ’n dringende ondersoek.

Nagenoeg R1,2 miljard van die Noodfonds wat aan kontrakte uitgegee is, word nou ondersoek nadat geïdentifiseer is dat daar moontlike ongerymdhede bestaan met die aanwending daarvan.

Die Spesiale Ondersoek Eenheid sal glo die nodige ondersoek lei om vas te stel of nog ’n korrupsie skandaal Suid-Afrika getref het.

Volgens “City Press” kom die kontrakte van 562 verskaffers waarvan die grootste aantal in die Oos-Kaap is, en het ook te make met die verskaffing van beskerming toerusting wat aangewend word om virus verspreiding te bekamp.

Die nuwe voorval wat ondersoek word, is die tweede van sy soort, want ’n ander geval waarby R2.2 miljard betrokke is, in die Gauteng provinsie, word reeds ondersoek.