Cele: Sigarette is nie verbied

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê die verbod op sigarette bestaan nie in Suid-Afrika nie, want almal wat wil rook het sigarette.

Die minister het ook verwys na die begrafnis waar SA weermag lede tydens die ter aarde bestelling gestaan en rook het met sigarette wat hulle heelwaarskynlik op die swartmark te koop gekry het.

Die minister se opspraakwekkende uitspraak staan is stille kontras teenoor die ANC president, Cyril Ramaphosa, se aankondiging dat sigaret verkope steeds verbied word.

Intussen gaan stemme op oor die sigaret smokkelhandel wat floreer solank as die verkope daarvan verbode is by winkels en kafees.

Vroeër is berig dat meer as 80% van die rokers publiek steeds toegang het tot sigaret aankope op die swartmark waar hulle tot drie keer meer vir hulle sigarette betaal, en die staat geen sonde belasting daarop ontvang nie, wat miljoene Rand per maand beloop.