Bosasa het partytjie gefinansier

Die getuienis van Frederik Hendrik Coetzee voor die Zondo Kommissie is klaarblyklik net n bevestiging van vorige getuienis dat Bosasa wel vir die 40ste verjaardag van Nomvula Mokonyane betaal het.

Die verjaarsdag partytjie wat in 2003 gehou is, en waarby 174 gaste was, het die aardige bedrag van sowat R47,000 gekos wat glo deur Bosasa betaal is.

Die voormalige minister het egter vroeër in haar getuienis voor die Kommissie ontken dat daar enige partytjie op enige stadium was vir haar verjaarsdag, maar die getuienisse teen haar uit die monde van twee persone, lyk verdoemend.

Verdere getuienisse dui daarop dat Bosasa maandeliks n bedrag van R50,000 aan die destydse Minister van Omgewingsake betaal het, maar wat glo ook ontken word.

Die getuienis van Coetzee het noodwendig gelei tot die gevolgtrekking dat Nomvula Mokonyane tydens haar verskyning voor die Zondo Kommissie, nie die waarheid gepraat het nie, en kan swaar gestref word vir die oortreding.