Boere word voortreflik vereer

Die organisasie, Boere Droogtehulp SA, het onlangs ʼn prysenswaardige gebaar gemaak toe hulle die boere van Suid-Afrika vereer het deur ʼn monument op te rig.

Die monument is op Kenhardt in die Noord-Kaap opgerig om hulde te bring aan die boer wat die droogtes van Suid-Afrika trotseer en met waardigheid die stryd stry in belang van al die mense in die land.

Chris van Beljon, stigter van die Organisasie, het die gedagte gekry om n monument op te rig, en dit is deur Peet Engelbrecht van Rustenburg gemaak.

Die gebaar word wyd verwelkom in die geledere van die landbouers, en bring ook ʼn besef by die mense van die land hoe belangrik die landbou is vir voortbestaan van die mensdom.

Met Suid-Afrika se nie vriendelike landbou klimaat, is dit n prestasie dat die land onafhanklik is in die produksie van voedsel, en dit maak van ons land se boere, die beste landbouers ter wêreld.