BLM, die ander kant van die munt en ‘n kort geheue

Sosiale media bly aan’t gons oor Black Live Matter (BLM), onder andere die laakbare afgodery van sportlui. 

Die meerderheid reaksies neem egter die ondeurdagte standpunt “white lives matter too”…  veral in lig van die hernieude vlaag plaasmoorde.

DIT IS ‘N TRAGIESE MISTASTING.  Dit is populisme na die ander kant van die skaal.

Om slagoffers van volksmoord gelyk te stel met kriminele is ongehoord!

Daarom moet ons die waarheid onomwonde stel:

BLM ís ‘n stedelike terreur-beweging, wie hulle beywer vir die “regte” van misdadigers, wie wetstoepassers blameer – maar niemand meld eerlik dat die swart “slagoffers” op heterdaad, besig om misdade te pleeg, betrap was nie!

Niemand meld dat hierdie “benadeelde” gemeenskappe neste van misdaad is nie – wêreldwyd!

Ons moet ons kinders leer om DIE REGTE VRAE TE VRA, sodat ons (én hulle) die kern-oorsaak van enige saak kan identifiseer en sinvol beoordeel – ter selfbehoud!

Ons moet op onsself let, waak teen oppervlakkige debat en dieper ingaan op hierdie aanslag, veral ter plaatse.  Ons moet polities korrekte eierloop onbeskroomd uitwys.

Die verklaarde standpunte van hierdie terreur-bewegings wentel om enkele kern eise:

            Beswaar teen wetstoepassing – ANARGIE

            Beswaar teen sogenaamd “sistemiese armoede” – SOSIALISME

            Beswaar teen sogenaamd “sistemiese rassisme” – VALS STROOIPOP

            Sosialisme gedy uit anargie;

            Die strooipop se doel is om die openbare aandag af te lei van hierdie aanslag.

Hulle is voorstaanders van kwasi-leerstellige denkrigtings, primêr “intersectionality”, wat in wese beweer dat ras-diskriminasie inherent aan die hedendaagse samelewing is, ʼn samelewing uitdruklik ontwerp tot swart onderdrukking.

Op grond hiervan bepleit swart gemeenskappe wêreldwyd gewelddadige rewolusie, met gepaardgaande “regstellende aksie” vir gewaande “diskriminasie”.

Nugter denke toon egter onmiddellik die ooglopende:

            Die hele denkrigting is inderdaad opsigself rassisties.

            Dit rus op die ontkenning van eie verantwoordelikheid vir eie besluite.

            Dit is rewolusionêr – kommunistiese rewolusie in ʼn nuwe baadjie.

Dit is die oorspronklike sosialistiese klasse-stryd: MAGSUG, AFGUNS, GIERIGHEID.

Vir BLM moet ons in wese die groter groepering van swart, ras-ideologiese rewolusie verstaan, met sy wortels so wyd as die VSA se Civil Rights Movement, en aktivistiese anagiste in groepe soos Black Power Movement (VSA), Black Consciousness Movement (SA), tot uitdruklike terreur groepe soos die Black Panthers, ANC, PAC, en soortgelyke terreur-bewegings reg oor Afrika.

Dit het ‘n spiritualistiese vorm aangeneem met die Vryheidsteologie sedert die 1970’s.

Vandag beleef ons bloot die anargistiese voortsetting van die ideologies-kommunistiese rasse-stryd, in bewegings soos BLM (en eweknieë elders) die herlewing van Vryheidsteologie as sogenaamde “sosiale geregtigheid”.

Dit is dieselfde aanslag waarmee die ANC-alliansie ons land lamgelê het in die laat twintigste eeu.

Die ander kant van die sosiale media reaksie munt is die polities korrekte “hande-vat” liberalisme.

Terwyl meer en meer mense besef dat Ramaphosa gaan niks doen ten behoewe van minderhede in SA nie, swymel hulle oor die “reënboog jare van Mandela” as synde die oplossing.

So kort is die gemeenskaplike geheue!

Ramaphosa was die ekonomiese kommissar van Mandela se ANC!

Ramaphosa en Mboweni was die argitekte van swart ekonomiese plundering!

Ramaphosa se terugkeer na die politiek in SA dien ‘n tweeledige doel:

            Dit paai die liberale dampkring en ander “beïnvloeders”;

            Maar dit neem die nasionaal demokratiese rewolusie na die volgende mylpale.

Die afgelope dekades is geskiedenisboeke herskryf, plekname verander.

Dit skep die “regverdiging” vir die radikale transformasie wat vele so vinnig vergeet …

Waar Zuma openlik gesteel het, gaan die Ramaphosa-Mboweni benadering by wyse van belastings, heffings en “beleggings” ons land verder plunder – terwyl mense droom van reënboë.

Die belangrikste les wat ons ons kinders kan leer is om ons herinneringe van die 1980’s en 1990’s te deel.

Die antwoord is nie hande-vate liberalisme nie.

Die antwoord is moue-oprol bou na vryheid in ‘n land, vir ons eie volk.