Biden afgeraai vir debat met Trump

Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het haar kandidaat, die Demokraat, Joe Biden afgeraai om teen President Donald Trump deel te neem aan n openbare debat.

Die voormalige visepresident in die Obama regering, Joe Biden, is deur die Demokrate aangewys as presidentskandidaat vir die komende verkiesing in November.

Die speaker wat ʼn gesoute Demokraat in die Amerikaanse politiek is, het nie ʼn duidelike verklaring gegee vir haar waarskuwende woorde nie, maar meningsvormers is van oordeel dat sy deeglik bewus is van die president se redenaars vernuf en die swak skakel in Biden se mondering.

Pelosi het gemaan dat sy die korrekte aanvoeling het alhoewel dit met Biden se veldtog bestuurders mag verskil wat gereken het dat so ʼn debat tog behoort plaas te vind.

Die Amerikaanse president het hom in die vorige presidentsverkiesing van 2016, hom onderskei van al die ander kandidate tydens die verkiesings veldtog toe hy elkeen wat hom teengestaan het in ʼn debat, die loef afgesteek het.