Belarus staat in chaos

‘n  Alliansie venoot van die presidensie en van die land se President Alexander Lukashenko het ‘n rare verskoning aangebied aan die bevolking nadat wyd verspreide verset optogte deur opposisie partye aangevoer is.

Duisende woedende kiesers het in die hoofstad die verkeer tot stillstand gedwing en openbare paaie onbegaanbaar gemaak.

Mense het ook mekaar aangemoedig om te protester teen die gewelddadige polisie wat vreedsame mense bygedam het met knuppels en hardhandig in polisie vangwaens gegooi het.

Minstens twee protesteerders het omgekom in die stryd weens polisie optrede, wat die skare meer woedend gemaak het.

Intussen is verneem dat talle ministers bedank het, en n woordvoerder se die ministerie is nou verplig volgens die grondwet om te regeer tot n nuwe verkiesing gehou is en n nuwe regering saamgestel word.