Bankrot staat entiteite kos SA miljarde

Die ANC regering het die swak werk wat sy naellopers gelewer het in Suid-Afrika se verskillende staatsentiteite met belasting geld staande gehou, en dit het oor die afgelope twee dekades opgeloop tot miljarde Rand.

Instansies soos Eskom, SAL, Denel en SA Express is slegs enkele voorbeelde van hoe die R184 miljard uitgegee is om in n bodemlose put te beland weens korrupsie en onbekwaamheid.

Die aanhoudende diefstal in en deur die entiteite het die land uiteindelik vir die eerste keer in 100 jaar n staat geword met ʼn finansiële rommel status.

Ekonomiese ontleders en ingeligte bronne beweer dat die korrupsie, diefstal en onbekwame bestuur en direksies van die instansies veroorsaak het dat die land tans in ʼn resessie beland het en die gewraakte rommel status bereik het.

Finansiële deskundiges wys daarop dat die Swart Ekonomiese Bevoordeling die hoofoorsaak is vir die skuldlas wat die hoogste is waarin Suid-Afrika ooit verkeer het.