ANC wil korrupsie so help bekamp

Die toespraak van president Cyril Ramaphosa oor hoe die regering nou die korrupsie wil teëstaan, het wye reaksie ontlok, maar of die pogings tot sukses gaan lei, sal tyd bepaal.

Die regering sal in die toekoms alle tenders aan wie dit toegestaan is, op sy webblad aanbring ten einde meer deursigtig te wees.

Die president het ook gewaarsku dat mense wat hulle skuldig maak aan korrupsie, die gevolge sal moet dra, maar ook hieroor word wenkbroue gelig aangesien niks nog gerealiseer het met skuldiges wat deur die Zondo Kommissie bevind is nie.

Intussen kry die president die wind van voor uit die geledere van die Magashule-Zuma kamp, en politieke ontleders beweer dat die huidige magstryd binne die ANC kan lei tot ʼn skeuring .