ANC vra adjunkminister om te bedank

David Masondo

Die ANC se Integriteit Komitee het aanbeveel dat die Adjunkminister van Finansies, David Masondo, vrywillig moet bedank weens ongerymdhede.

Die Komitee se aanbeveling is ook dat Masondo nie net by pos as adjunkminister moet ontruim nie, maar ook uittree as lid van die party.

Die bewering is gemaak dat die adjunkminister buite sy mag opgetree het deur sy invloed te misbruik met die arrestasie van ’n vroulike persoon.

George Mashamba, voorsitter van die Komitee, het ’n brief geig aan Masondo waarin hy versoek word om vrywillig afstand te doen van sy poste as kabinetslid en ook uit die ANC poste weens die beweerde wangedrag deur sy invloed te gebruik by die Valke eenheid.

Die Komitee skryf dat hy nie die nodige agting getoon het teenoor die organisasie nie, en daarom moet hy verantwoordelikheid aanvaar vir sy optrede.