Amazon koop honderde e-voertuie

Die finansiële reus Amazon het bekend gemaak dat hy 1,800 nuwe elektries aangedrewe Mercedes-Benz voertuie bestel het vir sy Europese aflewerings vloot.

Dit vorm deel van die maatskappy se beoogde doelwit om aanlyn handel uit te brei met n finale afronding in 2040.

Die meeste van die bestelle elektriese voertuie van Daimler AG se motors en aflewerings vragmotors sal glo nog gedurende 2020 aan Amazon gelewer word en ook bekend gemaak dat 1,200 van Mercedes-Benz se groter e-Sprinter modelle en 600 van die e-Vitos modelle die bestelling opmaak.

Tot op datum is dit Daimler se grootste bestelling wat vir e-voertuie ontvang is, en produksie het reeds in aanvang geneem.

Amazon konsentreer op flinke aflewering van bestellings wat aanlyn geplaas word, en met die e-voertuie wil die maatskappy sy bydrae lewer om klimaatverandering te bestry.