Alkohol verbod kos miljarde Rand

Die verbod op alkoholiese drank verkope gedurende die eerste fase van die grendel periode het die bedryf miljarde Rand gekos, en die staat het groot bedrae aan belasting verloor.

Die Distell groep sê die verbod op alkoholiese drank verkope het  nagenoeg R4.3 miljard aan belasting verlore laat gaan vir die staatskas.

Die beraming is gemaak ten opsigte van die tydperk Januarie tot einde Junie vanjaar, terwyl die groep se wins met minstens 50% gedaal het na sowat R394 miljoen.

Intussen word verneem dat ontleders van oordeel is dat die gedeeltelike inperking op drank verkope deur die tyd van verkope in te kort, ook ʼn uitwerking sal toon op die verkope en gevolglike belasting inkomste vir die staat.