Alkohol: Mense raak nou buite beheer

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het gesê dat die huidige drink en drank wette van Suid-Afrika moet verander word.

Mbalula reken die huidige toestand het daartoe gelei dat “mense buite beheer” geraak het, wat dan tot meer padongelukke lei.

Die ANC se minister reken dit het nodig geword om die wette en regulasies te hersien wat toegang tot alkoholiese drank betref.

Die minister het dy mening gegee tydens n voorval waar mense omgekom het in n padongeluk en waarby mense betrokke was wat onder die invloed van drank bestuur het.

In die ongeluk is drie van die metro polisie gedood en was die N4 vir n tyd gesluit toe reddings werkers met opruiming besig was.

Mbalula sê mense het te maklik toegang tot alkoholiese drank en raak dan “buite beheer” en dit lei tot die dood van ander mense, en daarom moet die wet hersien word.