Alexei Navalny dalk bedreiging vir Poetin

Al meer stemme gaan op ten gunste van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, wat tans in ʼn hospitaal in Duitsland behandeling ontvang nadat hy vermoedelik in Rusland vergiftig is.

Ondersteuners en organisasies beweer dat die vergiftiging gedoen is om te verseker dat Alexei Navalny nie die huidige president, Vladimir Poetin, uit die kussings lig nie.

Die bewering word ook gemaak dat die vergiftiging gesoen word om hom ʼn agterstand te gee vir n komende verkiesing.

Rusland verkies om nie ë opponent in verkiesings te he nie aangesien dit die beeld van die sittende president kan skaad, en die huidige situasie gaan egter meer vrae ontlok.

Die moontlikheid bestaan dat die president se ondersteuners sal sorg dat die ondersoek na moontlike vergiftiging niks oplewer nie, en daarmee probeer om die saak te laat rus.