Al stewiger bande tussen Iran en Venezuela

Die bande tussen Iran en Venezuela verstewig met rasse skrede, en dit is duidelik dat skeepsvragte oor en weer aan mekaar gelewer word om beide se sanksies teen te werk.

Die mees onlangse voorval is Vrydag waargeneem toe ʼn vragskip onder Iran se vlag, wat vol gelaai is van aluminium in Venezuela se hawe afgelaai is.

Dit volg nadat ʼn ander vragskip met ʼn vrag vanaf Venezuela afgelewer is vir ʼn kruidenierswinkel groep in Iran gedurende die maand.

Die inligting wat uit drie verskillende bronne bevestig is, dui daarop dat die twee lande se wedersydse hulp[ verlening ten nouste verband hou met die sanksies wat teen hulle ingestel is deur die Verenigde Nasies en die VSA.

Intussen is nog ʼn vragskip met ʼn 23,000 ton kapasiteit besig om na Venezuela te vaar, en die vermoede bestaan dat die lande nou in mekaar se behoeftes begin voorsien sonder dat dit die sanksies teen hulle ingestel sou kon beïnvloed.

Bewerings is gemaak dat die diktator, president Nicolas Maduro, van Venezuela besig is om aankope te doen deur Iran, en dit word glo met goud vereffen wat gekoop word.