Zimbabwe maak ooreenkoms met wit boere

Die regering van Zimbabwe het ’n $3.5 miljard ooreenkoms van vergoeding onderteken wat aangegaan is met die blanke boere in die land.

Die kompensasie aan blanke boere kom nadat verskeie faktore die regeing klaarblyklik tot die besef laat kom het dat hongersnood sal voortduur solank die blanke boere nie voluit kan produseer nie.

Die regering se bollemakiesie slaan beleid teenoor die vorige regering wat blankes verjaag het, kom as ’n verligting vir menige blanke boer wat steeds probeer om die land van kos te voorsien.

Voedselsekerheid is lankal nie meer in Zimbabwe ervaar nie, en menige blanke boere het na ander Afrikalande uitgewyk om ’n nuwe heenkome te vind, wat die huidige regering laat besef het dat hy met die blankes ’n ooreenkoms moet bereik vir skadevergoeding wat in die verlede veroorsaak is deur die Mugabe diktatorskap.

Andrew Pascoe, president van die Kommersiële Landbou Unie het gesê die dag het aangebreek dat ’n massiewe mylpaal bereik is vir die blanke boere in die land.

Die ooreenkoms tussen die landbouers en die regering is in die hoofstad Harare onderteken die afgelope Woensdag, en die regering se woordvoerder het gesê die nuwe mylpaal is bereik na ’n jarelange onreg wat teen blanke boere gepleeg is.