WGO ondersoek Covid oorsprong

Met Sjina wat in die beskuldigingsbank staan van Westerse lande dat hy moedswillig of nalatig was met die behee van die Covid-19 virus verspreiding, het die Wêreld Gesondheid Organisasie nou ’n ondersoek begin in Sjina.

Die WGO het self ook in omstredenheid verval nadat hy opvallend die Sjinese optrede probeer verdedig het, en wat gelei het tot die onttrekking uit die liggaam deur die Verenigde State.

Die WGO se diere deskundige en ander wetenskaplikes is na Sjina om die oorsprong van die koronavirus te bepaal en sal eers in Beijing aankom om die organisatoriese sake af te handel.

Daar bestaan ernstige kommer dat Sjina die virus pandemie veroorsaak het deur inligting te weerhou en te verdraai oor die aansteeklikheid daavan, en die reisende mense het veroorsaak dat meer as 12 miljoen infeksies oor die wêreld is, terwyl duisende daarvan te sterwe gekom het.