Wetenskaplikes ontdek nuwe dinosourus spesie

’n Soort dinosourus wat nog nie voorheen deur navorsers gevind is nie, se fossiel toon dat dit afwyk van die wat tot hede ontdek is.

Die fossiel wat in Brasilië gevind is, is veel anders en word selfs beskou as ’n rare ontdekking teenoor die meer bekende spesies wat tot dusvêr gevind is.

Sommige wetenskaplikes reken die nuwe ontdekking van ’n Aratasaurus museunacionali fossiel kom uit die tyd van sowat 115 miljoen jaar gelede.

Die span wetenskaplike navorsers in Brasilië sê die voorheen onbekende spesie wat ontdek is, was gevind in die noordelike deel van die land en kom as ’n verrassing vir die navorsers en was tot nou toe onbekend vir sy vroeëre bestaan.

Die wetenskaplikes sê die dier wat opvallend nog jonk was toe dit gedood is, het reeds sowat 34 kg geweeg en was toe reeds drie meter hoog.

 Die Federale Universiteit van Pernambuco het die fossiel aan belangstellendes vertoon en die media ingelig oor die besonderhede.