Wes-Kaap boere soek aanvallers

Boere in die Wes-Kaap het vanaf Ceres, Montagu en Stellenbosch opgeruk om die aanvallers te probeer vastrek wat die boere van Wolseley geteiken het.

Die reaksie van die boere was so groot dat die koördineerders reken die diewe en moordenaars sal twee keer dink voor hulle weer ’n aanval sal probeer uitvoer.

Die skurke het na ’n onsuksesvolle poging by een boer, die hoë berge gekies as toevlugsoord, maar boere en plaaswerkers het die spoor gevat en oor ’n wye gebied begin soek na die vermeende skurke.

Twee aanvalle op plase het boere laat besef dat die aanvallers gevind moet word, en met die gedagte aan een boer wat op sy plaas doodgeskiet is en ’n ander een wat aangehou was, het die jagtog na die skelms genoodsaak.

Tot hede is dit nie bekend of enige iemand vasgetrek is nie, maar die baie mense wat help om te soek, is ’n duidelike sein aan die misdadigers om sulke aanvalle eerder te laat vaar.