Wereldhandel tel stadig kop op

Die pandemie het vir maande gesorg dat die wereld se internasionale handel letterlik tot stilstand gekom het, maar die eerste bewegings om weer kop op te tel het begin.

Brittanje kan nou nuwe lisensies uitreik om wapentuig uit te voer na Saoedi Arabië sodra die bevel van die Hooggeregshof ten volle nagekom is.

Die inligting is die afgelope week deur die Minister van Handel in Brittanje vrygestel wat daarop dui dat die handel op internasionale vlak stadig maar gewis besig is om koers te kry.

Die Britse Appèlhof het verlede jaar bevind dat die verkoop van wapentuig aan Saoedi nie volgens die vereistes gedoen is nie, en is daarvan beskuldig dat die Britte se optrede die oorlog in Jemen aangeblaas het.

Die hof het egter nie beveel dat Brittanje nie enige wapens aan Saoedi mag lewer nie, maar dat sekere vereistes nagekom moet word.

Liz Truss, die Britse Minister van Handel sê Brittanje is nou gereed om al die vereistes na te kom en sal die nodige stappe doen om verkope toe te laat binne die wetsbepalings.