Wêreld se Covid status onrusbarend

Die toename van infeksies regoor die wêreld het nou 13,5 miljoen mense geraak, waarvan 580,000 reeds gesterf het in 216 lande.

Die VSA is steeds die land waar die grootste aantal nuwe infeksies daagliks aangemeld word, en het die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) aangedui dat die daaglikse toename van sowat 70,000 nuwe gevalle elke 24 uur, uiters kommerwekkend is.

Die VSA het reeds meer as 3,5 miljoen mense met infeksie, en 138,000 sterftes is geregistreer.

In Brasilië styg die infeksie getalle ook teen ’n onrusbarende tempo, en is daar reeds meer as 2 miljoen infeksies en het sowat 77,000 gesterf.

Indië het die derde grootste aantal infeksies en het die naweek die een miljoen merk verby gegaan, waarvan bykans 26,000 gesterf het.

 Suid-Afrika, wat die land is wat die 25 ste is op die wêreld se grootste bevolkings, is egter 8 ste op die lys van totale infeksies.

Tans is meer as 325,000 infeksie gevalle en sowat 4,700 sterftes is aangemeld.