Welkome reëns in die Wes-Kaap

Die droogte gebiede in die Wes-Kaap en spesifiek Namakwaland en Boesmanland het die afgelope dae welkome neerslae gehad.  Meeste gebiede het meer as 25 mm reën gehad.  Dit is op baie plekke die grrotste neerslag in 5 jaar. 

Riviere wat die afgelope 5-6 jaar nie geloop het nie, het vir die eerste keer sterk afgekom.  Vir die skaap boere is hierdie reëns wonderlike nuus en ‘n uitkoms. 

Verdere reëns word verwag wat sal help om die gebied se velde weer te laat herstel na die langdurige droogte. Kaapstad self het erge storms beleef met die gebruiklike oorstroming van plakkerskampe wat in laagliggende gebiede geleë is.