Wat gaan staande bly van SAL

Die vraag word al wyer hoorbaar oor wat gaan staande bly as die sukkelende SAL later sy poging om voort te gaan as lugredery moet laat vaar.

Die regering se onwilligheid en klaarblyklike finansiële onvermoë om SA Lugdiens staande te hou kan lei tot die finale ineenstorting van die eens spog rederye van Afrika.

Dit is egter nie net die vliegtuie wat tot stilstand gaan kom as die redery gelikwideer sou word nie, maar daar is honderde personeel wat ook bakhand sal moet staan vir werkloosheid versekerings bydrae.

Benewens dit alles is daar ook lughawens wat nie ’n lewensvatbare diens sal kan lewer nie, tensy ’n ander redery kans sien om die binnelandse vlugte, wat nou redelik swak ondersteun word weens die virus pandemie, wil oorneem om die passasiers te vervoer, maar ook sekere handelsware van een na ’n ander stad e vervoer.

Die regering moet etlike miljard Rand beskikbaar stel indien die SAL sou voortgaan, maar verskeie uitsprake is gemaak dat ’n :nuwe redery: eerder in plek moet kom van SAL wat gelikwideer kan word.

Skuldeisers het tot hede probeer voorkom dat hulle miljoene Rand verloor indien die redery gelikwideer word, maar of die regering sy verpligtinge sal nakom vir die voortgang van SAL, is nou onduidelik.