VSA wil Iran steeds meer straf

Minister Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad versoek om die verbod op wapen verkope aan Iran verder te verleng.

Die VN word versoek om die verbod steeds van krag te hou na die embargo verstryk gedurende Oktober vanjaar.

In reaksie daarop het die Russiese diplomaat gesê die Amerikaners wil hulle knie op Iran se nek hou, en Washington se beleid oor Iran sterk gekritiseer.

Die VSA het ’n konsep resolusie gesirkuleer aan die 15 lede van die Veiligheidsraad met die versoek dat die wapen boikot teen Iran onbepaald gehandhaaf word.

Die twee lande, Sjina en Rusland, het reeds te kenne gegee dat hulle die voorgestelde resolusie sal teenstaan met ’n veto-stem.