VSA troepe uit Duitsland wek Navo kommer

Die Duitse Minister van Verdediging, Annegret Kramp-Karrenbauer, het in ’n media onderhoud haar kommer herbevestig oor die Amerikaanse dreigement om duisende van sy troepe te onttrek uit die land.

Sy sê die onttrekking sal nie die verhouding tussen Duitsland en Amerika vertroebel nie, maar sal ’n swaar slag wees vir Europa en veral vir die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo).

Die moontlikheid van die onttrekking van meer as 9,000 troepe uit Duitsland word gesien as ’n ekonomiese terugslag vir die Duitse staat, maar kan ook lei tot ’n groter betrokkenheid van die lidlande van Navo soos wat die VSA vroeër gevra het.

Die VSA naak jaarliks die grootse finansiële bydrae tot Navo, en verskaf duisende troepe om Europa te beskerm teen Russiese en Sjinese aggressie.

Die dreigement van president Trump om 9,500 van VSA troepe te onttrek is ’n groot deel van die 34,500 soldate wat die VSA in Duitsland het.