VSA trek Sjinese kapers vas

Twee kapers van ’n Sjinese basis is waarskynlik deur die VSA geïdentifiseer en word vervolg vir hulle poging om vertroulike handels inligting te steel en ’n poging om die navorsingswerk te bekom van Covid-19 inligting en entstof formules.

Die VSA se regslui wat met die saak gemoeid is, sê die kapers is in diens van die Sjinese intelligensie agentskap.

Die Departement van Justisie het die twee kapers vervolg en die Federale vervolgers se saak gaan nou oor rekenaar netwerke van verskeie maatskappye wat besig is met die ontwikkeling van ’n teenmiddel vir die nuwe koronavirus.

Die twee Sjinese word ook aangekla vir die diefstal van miljoene dollar se waarde in handelstransaksies e ooreenkomste wat as uiters vertroulik hanteer word in die Amerikaanse administrasie.

Die twee kapers, onderskeidelik 34 en 33 jaar oud, het ook soortgelyke kapings probeer in ander lande, waarvan Australië, België, Duitsland, Japan, Nederland, Spanje, Suid-Korea, Swede en Brittanje enkeles is wat ook geïdentifiseer is.

In sekere gevalle het die kapers opgetree vir Sjina, en in ander gevalle vir hulle eie voordeel probeer om kapings uit te voer.