VSA onderskep Iran vliegtuig

Die Verenigde State se Sentrale Bevel Raad het verantwoordelikheid aanvaar vir die onderskep van ’n Irannese passasiersvliegtuig wat in die Siriese lugruim was.

In reaksie daarop het die regering van Iran gedreig om regstappe teen die VSA in te stel  omdat ’n vegvliegtuig die passasiersvliegtuig onderskep het.

Amerika het bevestig dat sy F-15 vegvliegtuig die onderskep gedoen het en sê ’n standaard visuele ondersoek van die Mahan Air passasiersvliegtuig is op ’n veilige afstand van 1,000 meter weg gedoen,

Kaptein Bill Urban sê die ondersoek is streng volgens internasionale standaarde, uiters professioneel uitgevoer, en Iran se dreigement word geïgnoreer.

Die vlieënier van die passasiersvliegtuig het in die tyd van die ondersoek, die passasiersvliegtuig “weens veiligheidsredes” laat “val” met ’n paar honderd meter, wat redelike paniek onder passasiers veroorsaak het.