VSA: Meer troepe na stede teen onrus

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het opdrag gegee dat meer federale troepe ontplooi word in die groter stede waar die onrus steeds voortduur.

Honderde soldate sal met “Operation Legend” in stede soos Portland en Chicago en talle ander waar betogers en vandale die strate onveilig maak.

 Die president het gesê hy sal fedrale troepe ontplooi wat die onrus voorgaan te midde van linkse politici se beswaar en kritiek teen die besluit.

Die president reken die ontplooi van soldate sal ook die inwoners van stede meer veiligheid bied teen die gewelddadigheid van die oproer makers.

In ’n verklaring word gesê dat die toestand in Amerika op die oomblik slegter en gevaarliker is as wat dit in Afghanistan is, en ingeligte bronne reken die kwaadwillige opstokery het ten doel om die verkiesing te beïnvloed en die Republikeine te benadeel.

Chicago se burgemeester het egter gesê die stad sal nie toelaat dat Trump se troepe in sy stad kom om die onrus te vererger en te terroriseer nie, maar die federale polisie en troepe word intussen gereed gekry om na die stede te vertrek.