VSA diplomate onderweg na Sjina

Meer as ’n honderd Amerikaanse diplmate het ’n vlug geneem na Sjina om belangrike aspekte te bespreek, word berig uit die VSA se Departement van Handel in Washington.

Die optrede uit die VSA volg in ’n tyd van uitermatige hoë spanning tussen die Wit Huis en Beijing, wat ten nouste saamhang met die konflik oor die Suid Sjinese See gebied wat ’n bedreiging van wêreldvrede inhou.

’n Handelsvliegtuig van Amerika het van buite Washington vertrek na Seoul, die hoofstad van Suid-Korea, vanwaar die reisigers oorgeplaas sal word na ’n ander vliegtuig wat toegerus is met mediese apparate, en waarmee na die Sjinese stad Guangzhou gereis word.

Die vlug na Sjina wat slegs die tweede van sy soort is, word gedoen om sowat 1,200 Amerikaanse diplomatieke personeel en hulle families terug te neem na die VSA.

In die afgelope twee weke het die Trump administrasie en die Sjinese onderhandel oor voorwaardes en vereistes om die rit moontlik te maak en die mense terug te neem na hul geboorteland.

Aanvanklik het Sjina probeer om druk uit te oefen om die VSA te verhinder om die vlug te onderneem, maar die Amerikaners was nie bereid om gehoor te gee nie, en kon uiteindelik ’n ooreenkoms met die kommuniste bereik.