VSA bied losprys vir arrestasie van regter

Die Verenigde State van Amerika het nie net sanksies ingestel teen die hoofregter van Venezuela nie, maar ook ’n bedrag van $5 miljoen aangebied vir sy arrestasie.

Washington het die regter daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld ontvang om sekere uitsprake te maak, en wil sien dat Maikel Moreno as hoofregter agter tralies kom.

Die VSA het gevra dat enige iemand wat met inligting na vore kom en wat sal lei tot die regter se arrestasie, aanspraak kan maak op die $5 miljoen vergoeding.

Die VSA beweer ook dat die regter betrokke is by oor-grens misdade, en dat hy selfs geld of eiendom ontvang as omkoop vergoeding in Venezuela.

Die regter het reeds in meer as 20 gevalle omkoop geld of goedere ontvang in ruil vir hof uitsprake wat gemaak sou word.

Die regter is ook onderwerp aan reis sanksies na die VSA, en sy familie mag ook nie na Amerika reis nie, het die Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, gesê.

Die regter het in reaksie gesê hy steur hom nie aan die lompe aanvalle van die Amerikaners op hom en sy familie nie, want dit is ook nie die eerste keer dat hy deur die VSA aangeval word deur leuens te verkondig nie.