VSA beveel Sjina om konsulaat te sluit

Die Verenigde State van Amerika het Sjina beveel om sy konsulaat in Houston, Texas, te sluit, wat die swak verhouding tussen die twee lande nog verder laat versleg.

Diplomatieke verhoudings tussen die twee lande het die afgelope jaar tot ongekende spanning gelei en Beijing word toenemend beskuldig van spioenasie en diefstal op tegnologiese gebied.

Sjina het Woensdagmiddag aangekondig dat hy deur die VSA aangeseq is om die konsulaat te sluit en is beveel om alle moontlike operasies en aktiwiteite te staak.

Beijing het in reaksie daarop gesê die VSA moet sy besluit herroep of so nie sal Sjina die nodige gepaste stappe doen, was die woorde van die Sjinese Minister van Buitelandse Sake se woordvoerder, Wang Wenbin .

Die Sjinees het bygevoeg dat so ’n stap deur die VSA onbehoorlik is wat die verhouding tussen die twee lande vertroebel.

Die Amerikaanse Departement het later gesê die besluit is in belang van Amerika se intellektuele eiendom en sy private inligtings stelsel wat beskerm moet word.