VSA ambassadeur kritiseer EU

Die Amerikaanse ambassadeur in Pole het skerp kritiek gelewer teen die Europese Unie (EU) en gesê die organisasie se kritiek teen Pole is “oordoen” as Pole vra vir besnoeiings in die EU begroting.

Sy sê die EU se kommentaar oor Pole se juridiese hervormings is nie so ’n groot ommeswaai nie en die 2015 hervormings wat ingestel is deur die regerende party is nie ’n oortreding van EU wette nie.

Die verhouding tussen die konserwatiewe regering van Pole het die afgelope aantal jare verswak met die EU, en het klaarblyklik verder vertroebel na President Trump in 2016 aan bewind gekom het in die VSA.

“As ek gevra word of ek dink die aanvalle van die EU op Pole se demokratiese waardes is oordoen, sal my antwoord ’n besliste Ja wees”, het die ambassadeur gesê.

Die Europese Unie het nie daarop gereageer nie, en sy stilswye word gesien as ’n probleem wat nie maklik verander gaan word nie, aangesien die drie Europese Unie lidlande, Pole, Hongarye en Roemenië hulle geskille met die EU nie bygelê kry nie..