VN verwerp Russiese plan in Sirië

Rusland, wat ’n alliansie vennoot van die Siriese regering is, wil die aantal grensposte verminder waar hulp deurgebring word vir die oorlog geteisterde Sirië.

Rusland se voorstel van hoe dit verminder moet word, het egter net vier ondersteunende stemme in die VN Veiligheidsraad gekry.

Die Duitse Minister van Buitelandse Sake het egter die Russe se plan gekelder toe hy gesê het dat die voorstel slegs die toestand in Sirië sou versleg.

Die oorweldigende steun vir verwerping van die Russiese voorstel is volgens waarnemers ’n aanduiding dat Rusland se invloed in die VN Veiligheidsraad maar uiters beperk is.